SA-owerhede is reg vir beplande vragmotor-stilstand vandag

Die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuu waarsku dat wetteloosheid nie geduld sal word nie wanneer vragmotorbestuurders vandag met ‘n nasionale stilstand begin. Daar word verwag dat hoof vervoerroetes – insluitend die N3 tussen Johannesburg en Durban – ontwrig sal word. Die struktuur se woordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, sê die nodige hulpbronne is gemobiliseer om enige vorm van wetteloosheid te voorkom en te bekamp. Sy voeg by ‘n multi-dissiplinêre gesamentlike wetstoepassingsoperasie is geloods met lede wat ontplooi is om enige vorm van misdadigheid te voorkom en te bekamp. Privaat sekuriteitsmaatskappye ook hul steun toegesê.