WP oorrompel Bulle 31-7 in Kaapstad
Die Westelike Provinsie is terug op die wenpad na ‘n bonuspunt-oorwinning oor die Bulle. Hulle het in Kaapstad met 31-7 gewen. Vroeër het die Haaie, Griekwas met 24-6 die loef afgesteek op ‘n reëndeurdrenkte Kingspark in Durban. Nog rugbynuus is dat Leinster in Dublin Toulouse se swak dissipline uitgebuit het met ‘n oorwinning van 41-22 in hulle Kampioenebeker-halfeindstryd. Dit het vir Leinster twee agtereenvolgende vertonings verseker in die eindstryd van Europese rugby se voorste klubkompetisie. Hulle kom oor twee weke te staan teen Glasgow, wat Scarlets met 35 – 17 geklop het in die ander halfeindstryd in Llanelli.