Malema sê die EFF berei voor om SA-regering oor te vatApril 28, 2023
Die EFF-leier Julius Malema sê hy verwag ‘n oorwinning in volgende jaar se nasionale en provinsiale verkiesing. Volgens die marknavorser, Ipsos, se jongste meningspeiling gaan die ANC 50 persent van die stemme kry, in teenstelling met vorige voorspellings. Die meningspeiling toon tans dat die DA 15,76 persent en die EFF 12,8 persent gaan kry, terwyl ActionSA en die IFP elk vier-persent van die stemme kan verwag. Malema sê die party maak gereed om Suid-Afrika se regering oor te vat.