Nog ‘n kindermishandelingsaak in die Noorde

Die polisie in die Oshikoto-streek het ‘n 66-jarige vrou in hegtenis geneem op klagte dat sy haar 12-jarige kleinseun mishandel. Die kind is vol bytmerke regoor sy lyf aangetref. Die streeksbevelvoerder kommissaris Theopolina Kalompo-Nashikaku het aan plaaslike media gesê die toename in sake van kindermishandeling wek kommer. Daar was die week ook die storie van die nege-jarige meisie wat deur haar grootouers aan ‘n boom vasgeketting is en talle ander berigte van kinders wat gewelddadig berispe is oor vermiste vee en meer.