Dra tog maar ‘n masker – Haufiku
Covid-19 begin weer die plaaslike nuus haal met oudgesondheidsminister Bernard Haufiku wat ‘n beroep doen op lede van die publiek om eerder maskers in die openbaar te dra. Die jongste Covid-syfers dui aan dat daar 14 gevalle uit 332 toetse verlede week aangeteken is met tussen een en drie nuwe gevalle ‘n dag. En die winter is op pad. Op Lüderitz, waar die kreef-fees die naweek gehou word, is daar kommer oor toenemende gevalle en die dorp se gesondheidsowerhede het besighede gevra om protokolle soos sosiale afstand en handreinigers te gebruik om verspreiding te bekamp.