Egiptiese dokters staan kwesbare skoolkinders by
Egiptiese dokters wat tans in Namibië is, bied gratis mediese dienste aan plaaslike gemeenskappe. Die vereniging beplan om mediese, tandheelkundige en sielkundige dienste aan te bied en sal ook motiveringspraatjies by vyf skole in die Khomas-streek lewer. Aktivis Zack Itodo sê die bystand bied groot verligting.