Winde sê as Putin sy voete in die Kaap sit, word hy gearresteer
Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê indien die Russiese president, Vladimir Putin, sy voete in die provinsie sit, sal die provinsiale regering beamptes van sy Wetstoepassingsbevorderingsplan, oftewel LEAP, opdrag gee om hom aan te keer. Winde sê Suid-Afrikaners vier vandag Vryheidsdag, ʼn herinnering aan die lang en dikwels gewelddadige stryd om demokrasie te vestig. Die provinsie beywer hom vir die fundamentele regte en vryhede van sy mense, maar toon ook eensgesindheid met Oekraïne na Rusland se inval: