ANC wil regeringskantore van kragnetwerk ontkoppel

Die minister van openbare werke in die buurland, Sihle Zikalala, het aangekondig die ANC-regering beplan om ‘n geïntegreerde program vir hernubare energie in te stel wat aansienlike maatskaplik-ekonomiese voordele vir die volgende 30 jaar inhou. Hy sê die program sal nie net druk op die netwerk verlig nie, maar ook meer as 13 000 nuwe klein ondernemings en ongeveer 503 000 werksgeleenthede skep. Die regering beoog om alle staatsgeboue van die kragnetwerk af te haal en oor te skakel na groen energie. Dit is in ooreenstemming met die land se verbintenis tot die oorskakeling na volhoubare energiebronne.