Baragwanath het in 3 jaar geen gevalle van nalatigheid gehad nie
Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal in Soweto het die afgelope drie jaar geen gevalle van mediese nalatigheid in die neonatale en kraamsale aangeteken nie en daar is 54 244 babas gebore. Ondanks die positiewe uitkoms, het die hospitaal 1 565 neonatale sterftes in die oorsigtydperk aangeteken. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê egter nie een van die sterftes was weens nalatigheid nie, maar ander faktore soos voortydige geboorte, besmettings, intrapartum hipoksie en aangebore afwykings: