Keniaanse owerhede brei soektog uit in verhongeringsekte

Kenia se ministerie van Binnelandse Sake het opdrag gegee dat die soek-en-reddingsending op ‘n plaas naby die kusdorp Malindi uitgebrei word. Die polisie het nou al meer as 90 liggame verwyder uit massagrafte wat vermoedelik verband hou met ‘n kultus wat sy volgelinge aangemoedig het om op te hou eet om saligmaking te kry. Die oorledenes is lede van die Good News International Church. Altesaam 34 mense is gered. Die ministerie sê dis ‘n keerpunt in die manier waarop die land bedreigings hanteer wat deur godsdienstige ekstremisme veroorsaak word.