Misdaad teen kinders moet as halsmisdaad verklaar word
Die burgerregteorganisasie in Suid-Afrika, NotInMyName, doen ‘n beroep dat seksuele misdrywe teen kinders in die buurland as halsmisdaad verklaar word. In die jongste voorval het die hof in Johannesburg die veroordeelde verkragter en kinder-seksoortreder Gerhard Ackerman op meer as 700 aanklagte skuldig bevind. Dit sluit verkragting, poging tot moord, sekshandel en die seksuele uitbuiting van kinders in. Die 52-jarige Ackermann het tussen 2019 en 2021 ‘n kinderverkragtingsring bedryf. NotInMyName se woordvoerder, Mo Senne, sê meer moet gedoen word om kinders te beskerm: