Biden sê vandag oor 2024
Die Amerikaanse President Joe Biden sal na verwagting vandag sy 2024-herverkiesingsveldtog aankondig. Dit vind plaas presies vier jaar na sy veldtogaankondiging vir 2020. Volgens sommige berigte lyk Biden se vooruitsigte nie goed nie. Sy goedkeuringsgraderings bly laag en daar is kommer oor sy ouderdom. Op 80 is hy reeds die oudste president in die Amerikaanse geskiedenis. Indien hy weer verkies word, sal Biden aan die einde van ‘n tweede termyn 86 wees. Intussen probeer oudpresident Donald Trump ‘n om vir die derde keer deur die Republikeine benoem te word.