WGO dank bestuurder weens seksuele wangedrag af
Die Wêreldgesondheids-organisasie het ‘n senior bestuurder afgedank het weens seksuele wangedrag. Die woordvoerder van die VN se Gesondheids-agentskap, Marcia Poole, sê ‘n junior Britse dokter het ‘n klagte teen ‘n Fidjiaanse dokter ingedien wat aan die hoof gestaan het van die eenheid vir nie-oordraagbare siektes in Genève, Switserland. Die WGO het ‘n ondersoek na die voorval ingestel en hom ná ‘n tugverhoor afgedank.