Namibië vry na beleggings in Ghana

Die Namibiese afvaardiging onder leiding van handelsminister Lucia Iipumbu, woon tans die 53ste jaarvergadering van die World Trade Centre Association, in Accra, Ghana, by wat tot 28 April plaasvind. Die konferensie is ook die gasheer van vir die Namibiese beleggings en handelsforum wat belanghebbendes byeen bring om beleggings- en handelsgeleenthede in Namibië te bespreek. Die hoof utvoerende beampte van die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad, Nangula Uaandja, het tydens haar toespraak die redes gedeel waarom die land ‘n goeie beleggingsbestemming is.