Zim loods digitale geldeenheid
Zimbabwe sal binnekort ‘n goudgesteunde digitale geldeenheid bekendstel wat bedoel is om die plaaslike eenheid te stabiliseer teen sy voortgesette verswakking teenoor die Amerikaanse dollar. Dit sal diegene wat klein hoeveelhede Zimbabwiese dollar het in staat stel om hul geld vir die digitale eenheid te ruil om hulle geld teen valutaonbestendigheid te verskans. Verlede jaar het die land goue munte bekend gestel in ‘n poging om die plaaslike eenheid te stabiliseer. Amptelik verhandel die plaaslike geldeenheid teen net meer as 1 000 Zimbabwiese dollar teenoor die Amerikaanse geldeenheid.