PDM reageer op Geingob se vryheidstryd-uitlatingsApril 24, 2023

Die Popular Democratic Movement het sy reaksie gegee op Swapo-president Hage Geingob se kritiek teen die PDM tydens die vieringe van Swapo se 63ste herdenking op Grootfontein. Geingob het gesê die PDM, voorheen bekend as die DTA, kan nie oor ‘n bevrydende geskiedenis praat nie. Hy het gesê die opposisieparty behoort hom te skaam, want hulle het Namibië se onafhanklikheid vertraag. Die PDM se skaduminister van finansies, Nico Smit, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die president leef in die verlede…

Smit deel die belangrike rol wat die destydse DTA in ‘n demokratiese Namibië gespeel het…