Padfonds-administrasie soek hoër brandstofheffingsApril 24, 2023

Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die Padfonds-administrasie sê sy versoek van ‘n verhoging in die brandstofheffing, is nie te veel gevra nie. Die heffing op elke liter brandstof wat in Namibië verkoop word is om ‘n finansierings-gaping van 4,3 miljard Namibiese dollar vir die rehabilitasie, opgraderings en instandhouding van paaie te dek. Hy het gesê die huidige heffing van 1 dollar 48 sent op elke liter brandstof, blyk onvoldoende te wees om in die finansierings-behoeftes te voorsien. Hy sê heffings in Namibië is ook agterweë in vergelyking met ander lande in die SAOG-streek en aanpassings het nie tred gehou met inflasie nie. Ipinge verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…