Ramaphosa: Konflik in Soedan is terugslag vir Afrika

President Cyril Ramaphosa sê die konflik in Soedan is ‘n terugslag vir Afrika se poging om die wapens stil te maak en ‘n volgehoue tydperk van vrede, bestendigheid en ontwikkeling te vestig. Suid-Afrika dien tans as ‘n lid van die Afrika-unie se Vrede- en Veiligheidsraad. Die woordvoerder van die President, Vincent Magwenya, sê in dié rol is die land bekommerd oor die situasie in Soedan en werk hy saam met ander Afrika-lande vir vrede en bestendigheid in die land.