RFA: Brandstofheffing nie genoeg vir opgradering van paaie
Die Padfonds-administrasie het gevra vir ‘n verhoging in die brandstofheffing wat gehef word op elke liter brandstof wat in Namibië verkoop word om ‘n finansierings-gaping van 4,3 miljard Namibiese dollar vir die rehabilitasie, opgraderings en instandhouding van paaie te dek. Ali Ipinge, uitvoerende hoof van die administrasie, het gesê die huidige heffing van 1 dollar 48 sent op elke liter brandstof, blyk onvoldoende te wees om in die finansierings-behoeftes te voorsien. Hy sê heffings in Namibië is ook agterweë in vergelyking met ander lande in die SAOG-streek en aanpassings het nie tred gehou met inflasie nie.