Klimaatsverandering vererger

Klimaatsverandering het vererger in 2022, aangesien droogtes, vloede en hittegolwe gemeenskappe op elke kontinent geraak het en baie miljarde dollars gekos het, lui die jaarverslag van die Wêreld Meteorologiese Organisasie. Antarktiese see-ys het tot sy laagste vlak op rekord geval, en die smelt van sommige Europese gletsers was teen ‘n geweldige tempo. Vir globale temperature was die jare 2015-2022 die agtste warmste op rekord. Smelting van gletsers en seevlakstyging, wat rekordvlakke in 2022 bereik het, sal vir tot duisende jare voortduur, lui die verslag.