VN vra vir skietstiland in SudanApril 21, 2023
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, het ‘n beroep op strydende partye in Sudan gedoen om minstens drie dae lank ‘n skietstilstand te handhaaf. Dit sal burgerlikes wat in konflikgebiede vasgekeer is, in staat stel om mediese hulp, kos en ander noodsaaklike voorrade te kry. Meer as 300 mense is dood sedert gevegte tussen die weermag en ‘n paramilitêre groep, die Rapid Support Forces, uitgebreek het. Twee vorige pogings om ‘n skietstilstand te bewerkstellig, het misluk. Guterres sê die doelwit is ‘n permanente skietstilstand: