Poca-opleiding uitgestel weens verskille van regsluiApril 20, 2023
Die res van die voortgesette opleiding oor die voorkoming van georganiseerde misdaad, bekend as Poca en teen-geldwassery, wat deur die kantoor van die aanklaer-generaal gereël is, is uitgestel. Opleiding is reeds vandeesweek in Windhoek, Oshakati en Keetmanshoop aangebied. Opleiding sou vanaf 26 tot 28 April op Rundu plaasgevind het, maar is uitgestel. Dit volg nadat ‘n vergadering tussen die kantoor van die regbank, die landdros-kommissie, die kantoor van die aanklaer-generaal en die Prokureursorde plaasgevind, nadat kommer deur regslui uitgespreek is oor landdrosse wat die opleiding bywoon.