RSF stem in tot skietstaking in SoedanApril 19, 2023

Die paramilitêre groepering in Soedan, Radid Support Forces, het ingestem tot ‘n 24-uur skietstaking wat vanaand in werking getree het. Dit is nie bekend of die weermag tot die staking van vyandelikhede ingestem het nie. Dinsdag het albei kante hul verbind tot ‘n skietstaking van 24 uur, maar geweervuur is egter in Kartoem gehoor nadat die skietstaking in werking getree het. Daar is wêreldwye kommer oor die humanitêre situasie in Soedan en lande staan hul burgers by om uit Soedan te kom. Meer as 270 mense is reeds in die geweld dood.