SA-veterane se slaggat-projek struikel reeds

Die adjunkminister van Verdediging en Veterane-sake, Thabang Makwetla, erken daar bestaan groot kommer oor die veterane se projek om slaggate te herstel. Die departement het glo 60 miljoen Suid-Afrikaanse rand opsygesit om 90 slaggatmasjiene aan te skaf. ‘n Kontrakteur is sowat 12 miljoen rand betaal, maar geen toerusting is gelewer nie. Volgens Makwetla word die aangeleentheid ondersoek en die direkteur-generaal van Verdediging is geskors: