Vlugte by Kaapstad-lughawe vertraag
Die Lughawensmaatskappy van Suid Afrika sê werksaamhede en dienste by die Kaapstad Internasionale Lughawe is stadig besig om te herstel ná daar vroeër vanoggend ‘n tegniese fout by dié besige lughawe ondervind is. Acsa sê verskeie plaaslike en internasionale vlugte is geraak na ‘n fout met die lughawe se vesel-netwerk wat dit moeilik gemaak het vir vliegtuie om veilig in die swaar mis wat die Moederstad bedek het, te land. Tegniese spanne is tans besig met herstelwerk aan die fout. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad , Fritz Platt, deel meer…