Aanvallers op onderwysers borg geweier
Die twee beskuldigdes wat ‘n onderwyser by ‘n skool in Rundu aangeval en beroof het, het in die landdroshof op die dorp verskyn en is borgtog geweier. Die 27-jarige Annanias Amutenya en 33-jarige Paulus Shaanika het glo die onderwyseres terwyl sy klas gegee het, van haar handsak met sowat 14 000 Namibiese dollar kontant in, beroof. ‘n Onderwyser wat haar te hulp gesnel het, is beseer. Volgens die Namibiese polisie in die Kavango-Oos-streek is die wegkom-voertuig gevind. Die nommerplaat op die gehuurde voertuig is egter tydens die rooftog verwyder en later vervang. Die slagoffer se handsak is ook later gevind met haar dokumente gestrooi in die bosse. Die twee se saak is tot 25 Julie uitgestel.