Franse komponis en pianis in Windhoek

Die Franco-Namibiese Kultuursentrum in vennootskap met die Franse ambassade in Namibië, is die gasheer vir Karol Beffa, ‘n Franse veelbekroonde komponis en pianis vir twee geleenthede. Beffa het ook ‘n doktorsgraad in musiekwetenskap en is sedert 2004 ’n dosent aan ‘n universiteit in Parys. Hy bied môreaand om sewe-uur ‘n gratis konferensie by die sentrum aan. Vrydagaand om agt-uur is Beffa se klavierkonsert by die Nasionale Teater van Namibië. Fabienne Conradie, kultuur-kommunikasiebeampte van die sentrum deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…