Tolhekke: Openbare konsultasies begin binnekort
Die Namibiese Padfonds-administrasie is steeds besig om tolhekke vir die land te ondersoek. Die administrasie se uitvoerende hoof, Ali Ipinge, sê hul inkomstestroom is in gedrang, veral met elektriese voertuie wat al hoe meer gewild raak. Op die oomblik het die kabinet goedkeuring gegee dat openbare konsultasies op die administrasie se vatbaarheidstudie uitgevoer word. Ipinge sê die onderhoud van paaie is uiters duur.
Hy voeg by dat die publiek in die komende maande hulle insette kan lewer.