Groenwaterstof-vergadering op Lüderitz

President Hage Geingob het in Lüderitz in die Karas-streek aangekom waar ‘n openbare gemeenskapsvergadering tans oor die groenwaterstof-projekte in die streek plaasvind. Namibië is op pad na grootskaalse, laekoste-ontwikkeling van hernubare energie. Tydens die inligtingsessie het Obeth Kandjoze, voorsitter van die Groenwaterstof-raad, gesê dat Namibië die voordele van die groen energie-geleenthede sal sien.