NLU staan Nampower-kragverhoging teen

Nampower het hul jaarlikse voorlegging vir aanpassing van die grootmaat-kragtariewe vir die 2023/2024 jaar aan die Elekritisiteits-beheerraad  vir goedkeuring voorgelê. Volgens die Namibiese Landbou-unie vra Nampower vir ’n verhoging van 16,87 persent wat meer as dubbeld die huidige inflasiekoers is. Die raad moet dit nou oorweeg en ’n tarief vir Nampower teen 30 April goedkeur. Die NLU het namens sy lede ook ernstig beswaar gemaak teen die buitensporige verhoging en vertrou dat die stand van die land se ekonomie in ag geneem en sal word. Die veranderde kragtarief sal op 1 Julie in werking tree.