Nasa se Ingenuity pronk op Mars

Nasa se Ingenuity het sy sewende suksesvolle vlug op Mars onderneem en 107 meter ver gevlieg. Wat dit meer merkwaardig maak, is die feit dat Nasa Ingenuity net vir vyf vlugte ontwerp het en aanvaar het die tuig sal daarna ingee.