Spertyd nader vir aansoeke vir Wes-Kaapse skole

Die Wes-Kaap se LUR vir onderwys, David Maynier, sê nog net twee dae is oor vir ouers om betyds aansoek te doen vir plek vir hul kind in ‘n skool in 2024. Die aanlyn-aansoekproses sluit môre om middernag. Maynier sê omdat ouers vir meer as een skool vir hul kinders aansoek doen, beloop die totale getal individuele aansoeke sover 400 790.