Okavangorivier se vlak bly styg

Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens styg die Okavango-rivier in die Noordooste se watervlak steeds. Die Okavangorivier het volgens die jongste vloedbulletin geleidelik gestyg en het ‘n vlak van 5,58 meter met invloei van 286 kubieke meter per sekonde by Rundu aangeteken. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura Camp gepraat wat bevestig het dat die riviervlak besig is om drasties by die kamp te styg.