Minder busse in Tshwane vandag – daar’s dieseltekorte

Die Stad Tshwane het pendelaars ingelig die Tshwane-busdiens bied minder dienste aan van vandag tot verdere kennisgewing. Dit is weens dieseltekorte by die stad se busdepot’s. Die woordvoerder van die metro, Lindela Mashigo, sê die stad besef die besluit om die diens in te kort sal ‘n negatiewe uitwerking hê op inwoners se pendelplanne: