Gasheer vir 2027 Afcon in September bekend

Die gasheer van die TotalEnergies Afrika-beker van Nasies 2027 sal voor September bekendgemaak word met Namibië en Botswana wat Afcon gesamentlik wil aanbied. Die Konfederasie van Afrika-sokker het die bieproses oopgemaak vir belangstellende lande. Kenia is een van die lande wat Afcon in samewerking met ander Oos-Afrika-lande, soos Uganda en Tanzanië wil aanbied. Senegal, Burkina Faso, Marokko en Zambië staan ook in die ry. Namibiese sokker-ontleder Isack Hamata, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan nie maklik vir Namibië en Botswana wees om die bod te wen nie..