Jongste Curriebeker-uitslae lyk so

Die Cheetahs het die Leeus in Sondag se Curriebekerwedstryd in Johannesburg deeglik afgeransel. Die eindtelling was 52-15 nadat die tuisspan se slot Raynard Roets in die eerste helfte met ‘n rooi kaart van die veld afgestuur is. Die Westelike Provinsie het Saterdag in Kaapstad met 47-28 oor die Griffons geseëvier en ‘n bonuspunt ingeoes. Die Bulle het onder Jake White se afrigting Vrydagaand weer hul vorm herwin toe hulle die Griekwas met 40-3 kafgedraf het. En in Durban het die Haaie die Pumas se onoorwonne lopie beëindig met ‘n sege van 19-12.