Droogte bied a geleentheid aan beginnerboere

Agribank het raad aan beginnerboere vir die droogte gegee. Moeilike tye word vir die Namibiese landbousektor voorspel met onder-normale reënval wat oor die meeste dele van die land gedurende die reënseisoen voorgekom het. Daar is groot kommer oor ‘n afname in vee-produksie weens swak weiding in sommige dele van die land. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank, gepraat. Hy sê veepryse is laag tydens die droogte wat geleenthede vir beginnerboere skep.