Vleispryse behoort te daal – ekonome

Indien die makelaarsfirma Simonis Storm korrek is, sal daar binnekort verligting vir verbruikers wees met dalende vleispryse as gevolg van ‘n afname in die vraag na vleisprodukte van beide abattoirs en verbruikers. Die firma sê dat alle aanduidings is dat verkope vir basiese voedselitems die afgelope maande afgeneem het en dat die tekort aan koopkrag onder verbruikers as die hoofrede hiervoor aangevoer word. Veilingspryse het gedaal weens ‘n afname in aanvraag as gevolg van beurtkrag. Suid-Afrikaanse boere sukkel om diere te slag en kleinhandelaars kan nie produkte doeltreffend kou hou nie. Maar, ssu elektrisiteitsvoorsieningskwessies opgelos word, sal boere oortollige voorraad hê om te verkoop en dus kan pryse selfs verder daal.