SA die hele dag op fase drie-beurtkrag

Eskom gaan fase drie-beurtkrag vanaf 8-uur vanoggend tot 10-uur vanaand instel. Die kragvoorsiener sê hoewel daar ‘n effense verbetering in die opwekkingsvermoëns was, is daar ongelukkig nog onderbrekings by die Kusile-, Matla- en Tutuka-kragstasies in Mpumalanga. Eskom-woordvoerder Sikhonathi Mantshantsha sê fase drie-beurtkrag is nodig om die uitgeputte noodopwekkingsreserwes aan te vul: