Goudprys is deur die dak

Goud is op koers om sy beste maand in meer as twee-en-‘n-half jaar te beleef, aangedryf deur kommer oor bankstelsels in Europa en die VSA, veral nadat die Federale Reserwebank weer rentekoerse opgestoot het. Die kommoditeit het in die afgelope maand met amper 9 persent gestyg en al het die prys vanoggend gedaal verhandel dit steeds baie hoog rondom 1 974 Amerikaanse dollar per fyn ons. Die kommoditeit het ook op 23 Maart die 2 000-dollar-merk verbygesteek. Goud word as ‘n veilige belegging gesien en het aan die begin van die Covid-pandemie ook skerp gestyg.