Uitspraak oor Franse pensioenwetgewing op 14 April  

Die Konstitusionele Raad in Frankryk wat die omstrede pensioenwetgewing gaan hersien, sal op 14 April uitspraak lewer oor of die verlening van die aftree-ouderdom grondwetlik is. Die kwessie het die afgelope ruk tot reuse-opstande landwyd gelei wat op sommige plekke gewelddadig geraak het. Die Franse President Emmanuel Macron volstaan daarby dat die wetgewing nodig is om te verseker dat die pensioen-stelsel finansieel volhoubaar bly. Die wetgewing is reeds aanvaar, maar moet nog amptelik afgekondig word, hangende die Konstitusionele Raad se beslissing. Die Franse eerste minister Elisabeth Borne sê sy is bereid om aanstaande week met vakbonde te vergader