Effe vebetering in indiensneming in SA
Die vierde kwartaal van 2022 het ‘n aansienlike toename in seisoenale indiensneming in Suid-Afrika getoon, wat werkskepping in die formele sektor ‘n hupstoot gegee het. Volgens data van Statistiek Suid-Afrika is ongeveer 48 000 mense gedurende hierdie tydperk in hierdie sektor in diens geneem. Die handel-, sakedienste- en mynbousektore het in hierdie tyd die meeste werkskepping ondervind. ‘n Ekonoom van Momentum, Sanisha Packirisamy, sê werkgewers se onwilligheid om mense op ‘n voltydse basis aan te stel, kan weens ekonomiese onbestendigheid wees: