SA-vakbonde aanvaar salarisaanbod vir staatsamptenare

Vakbonde in die openbare sektor in die buurland het die ANC-regering se hersiene salarisverhogings-aanbod van 7,5 persent oor die volgende twee jaar aanvaar ná ‘n aanvanklike aanbod van 4,7 persent. Dit volg nadat onderhandelings plaasgevind het om ‘n uitgerekte staking te voorkom. Die nasionale bestuurder van die Vereniging van Staatsamptenare, Claude Naicker, sê die meeste vakbonde wat verteenwoordig is, het die aanbod na hul lede geneem. Hy sê die lede het oorweldigend te gunste van die salarisverhoging gestem: