40 migrante dood toe hulle sentrum self brandsteek
Minstens 40 mense is dood in ‘n brand wat by ‘n migrasiesentrum in Ciudad Juárez, ‘n Mexikaanse stad aan die grens met Amerika uitgebreek het. Agt-en-sestig mans van Sentraal- en Suid-Amerika was in die sentrum wat deur Mexiko se Nasionale Migrasie-instituut bedryf word toe die brand uitbreek. President Andrés Manuel López Obrador sê migrante het betoog en hulle matrasse aan die brand gesteek. Die brand is een van die ergste die afgelope jare in Mexiko waar rekordgetalle migrante die grens met Amerika oorsteek.