Unam hou boekverkoping

Unam Press sal ‘n boekverkoping op 31 Maart by die Unam-hoofkampus hou oor ‘n verskeidenheid belangrike boeke. Die boeke is ‘n ryk bron vir studente, onderwysers en lesers wat in Namibië belangstel. Boeke sal teen halfprys wees. Die boekverkoping vind plaas vanaf tien-uur die oggend tot vier-uur die middag, sê Annapaula Vakamuena, die redakteur by Unam Press, aan Kosmos 94.1 Nuus.