Ek is jammer – Zweli

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Dr Zweli Mkhize, het om verskoning gevra vir sy aandeel in die Digital Vibes-tenderskandaal. Hy het met die media gepraat en gesê die bewerings teen hom ry die werk van die regering se stryd teen Covid-19 in die wiele. President Cyril Ramaphosa het hom op spesiale verlof geplaas en hy sal ook voor die ANC se integriteitskomitee verskyn in verband met die omstrede kontrak ter waarde van 150 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Mkhize het bevestig dat hy sy volle samewerking met die ondersoek sal gee: