Niks vertroulik in Zuma se mediese brief

Die regspan van advokaat Billy Downer betoog die privaat vervolging-lasbrief wat oudpresident Jacob Zuma teen hom laat uitreik het, behoort tersyde gestel te word. Advokaat Geoff Budlender het aan die hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê niks in die mediese brief waarmee Zuma Downer en die joernalis van News24, Karyn Maughan, probeer vervolg, is vertroulik nie. Hy het daarop gewys Zuma was self van plan om die brief by die hof in te dien, waarna dit deel van die openbare rekord sou wees.