Oud-kinderadvokaat sê oor kinderverkragtings

Reaksie word ontvang op die vlaag verkragtings van minderjariges in die land. Die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag toon dat vyf gevalle, met slagoffers tussen die ouderdom van sewe en 15, aangemeld is. In die meeste voorvalle is die verdagtes bekend. Kosmos 94.1 Nuus het met advokaat Ingrid Husselmann, die voormalige kinderadvokaat by die Kantoor van die Ombudsman, gepraat.