Wika skop die naweek af…
Die gewilde Wika-karnaval vind die naweek in Windhoek plaas. Alhoewel die fees ‘n bekende Duitse tradisie is, word dit deur talle in Namibië met sy diverse kulture gevier. Vanjaar se Wika-karnaval sal op Vrydag 24 Maart met die Prinzenbal afskop waartydens die prinsepaar gekies sal word. Daarna sal die verskillende feesvieringe tot 1 April voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van Wika Holger Mentzel gesels…