Nasionale stilstand – EFF loop ‘n groot risiko
Daar is ‘n politieke risiko aan die EFF se planne om die land vandag tot stilstand te bring. Dit is die mening van die politieke ontleder, Daniel Silke. Die party eis dat beurtkrag gestaak word en dat President Cyril Ramaphosa bedank. Silke sê indien daar min reaksie is ná die verwagting wat geskep is, sal dit die EFF se eie bohaai ondermyn. Hy voeg egter by dat indien geweld uitbreek, dit die party se aspirasie om te regeer sal ondermyn en beskryf dit as ‘n revolusionêre vraagstuk: